2023 Verblyf
Elgro River Lodge - Potchefstroom
Hierdie jaar bly ons by Elgro River Lodge, sowat 30 km van Potchefstroom af, langs die Vaal rivier, met die volgende akkommodasie beskikbaar:
“Die Stalle”, Owl’s Cottage en die Annex Kamers (+/- 3km uitmekaar).
Die Stalle
“Die Stalle” het 12 kamers, waarvan 10 x 3 mense kan huisves en 2 x 2 mense kan huisves. Daar is ook vier kampeerplekke beskikbaar wat elk 4 persone kan huisves, met beskikbare badkamergeriewe.
Die meeste van ons kuiers sal hier gebeur, by die lapa en Swembad.
Owl's Cottage & Annex Kamers
Die tweede akkommodasie-opsie kan 30 mense akkommodeer en is sowat 3 km van die Stalle af en bied die volgende:
Owl’s Cottage, ‘n huis met vier slaapkamers, twee badkamers en een afsonderlike toilet. Daar is ook 8 Annex Kamers, tweebedkamers met aan-suite badkamers beskikbaar.
Owl's Cottage
Dié kothuis spog met sy eie swembad en konferensiefasiliteit. Die Owl’s Cottage bestaan uit 4 aparte kamers, 2 badkamers, 1 aparte toilet, 1 kombuis met ‘n stoof en mikrogolf en ten volle toegerus met eetgerei, borde en glase, 1 sitkamer en eetkamer, TV met DSTV satelliet en ‘n braai-area.